My laboratorium en My peetkind

on Wednesday 6 May 2009


My baas was vandag (vanaf Sasolburg) by my laboratorium. Hy het die persoon wat die laboratorium gaan oordoen saamgebring. Ek dink dit gaan fantasties lyk! Ek het aangebied om die "before" foto's te neem en dan die "after" foto's. Ai, ek wens ek kon ook deel wees van die Extreme Makeover!


Ek het vandag by my broer gehoor dat my peetkind so vreeslik siek is. Ek verlang so baie na hom vandag en hoop en bid dat hy sommer gou weer homself sal wees - aangesien hy gewoonlik 'n bondeltjie energie en sonskyn is. Eric, ek is sommer baie, baie lief vir jou en hoop jy word gou-gou beter, hoor!

0 comments: